Wat is ‘n Nul-Vullis Lewe?

Zero-waste, geen vullis, vullis-vry.

Vullis pla my nog my hele lewe lank. Ek kan goed onthou hoe ek in die laerskool ‘n “bende” gestig het wat natuurbewaring moes doen. Pouse moes almal vullis optel op die skoolveld. Nodeloos om te sê, dit het nie baie lank gehou nie, want wie wil nou vullis optel as hul kan speel. Ek het dus nog altyd erg gevoel oor die vermindering van vullis, maar die klem was nog altyd herwinning en nie ‘n vermindering van dit wat jy inneem in die eerste plek nie.

My eerste blootstelling aan die tipe leefwyse was in ‘n tyd toe ek vir WESSA gewerk het by ‘n buitelug skool. Ons het aan skoolkinders verduidelik dat jy ‘n keuse het om sekere vullis in jou lewe minder te maak, en dat jy nie als nodig het wat mense aan jou gee as verpakkings en eenmaal gebruiks items nie. ‘n Goeie voorbeeld hiervan was ‘n strooitjie en die sakkie wat die winkel vir jou gee wanneer jy ‘n blikkie koeldrank koop. Jy kan met daardie een aankoop jou vullis met ‘n derde verminder. Ons aktiwiteite en speletjies het die kinders aangemoedig om die praktyk te implementeer en iets daarvan huistoe te neem.

Wat my veral geraak het, was ‘n artikel wat ek in 2015 in ‘n Afrikaanse leefstyl tydskrif gelees het oor Colleen Black. Sien ook haar blog: https://lifelivedsimply.co/

Die artikel het gewys hoe sy al haar vulllis vir die jaar in ‘n klein glasbotteltjie hou. Die idee van so min vullis is ‘n absolute droom vir my.

Ek was dadelik geinspireerd, maar het nie dadelik veranderinge gemaak nie. Die hele beweging kan nogal oorweldigend wees as jy eers begin. Tel gerus bietjie hoeveel swart vullis sakke vat jy in ‘n week se tyd uit. Probeer nou bietjie dink hoe sal daardie weeklikse vullis-sakke lyk as jy die hele jaar se vullis op een hoop moet sit. En die ergste van dit alles is, die meeste van die items wat jy weggooi word net eenmaal gebruik.

Stadig maar seker het ek meer begin oplees oor die beginsels van ‘n nul-vulllis lewe. Die vyf beginsels daarvan word verduidelik op Bea Johnson, stigter van die Nul-Vullis beweging, se webblad. Dit is in die volgorde:

Weier, Verminder, Hergebruik, Herwin en Vrot.

Dit is so maklik om te onthou in engels met die 5 R’e. Refuse, reduce, Reuse, Recycle and Rot. Kyk gerus na Bea se webtuiste.  https://zerowastehome.com/

Die heel eerste beginsel is die heel belangrikste. Weier. Weier om plastiek sakkies, strooitjies, en goed in te neem wat verpak is in eenmalige-gebruik verpakkings. Probeer jou vars goed koop sonder verpakking. Probeer alles in groot-maat koop en bring jou eie houers wat hergebruik kan word. Dit is die heel beste manier om te begin. Wat nie gebruik word nie, hoef nie weggegooi te word nie. Niks hoef uitgesoek te word nie, herwin te word nie en geen ru-materiale word gemors nie. Die ander stappe word slegs gedoen wanneer die eerste een nie moontlik is nie.

Hoekom is dit vir my belangrik en hoekom moet dit vir jou belangrik wees om beginsels van hierdie leefwyse in jou lewe te implementeer?

Ons het net een aarde. Ons moet kyk daarna. Dit is eenvoudig. Jy bly op hierdie planeet en jy het net so groot verantwoordelikheid soos enige ander persoon om seker maak dat ons verantwoordelik lewe.En dat ons gemaklik kan aanhou lewe. Bewaring is ‘n onderwerp wat baie mense na aan die hart lê. Praat oor renosters en almal raak emosioneel, maar min dink aan die mees basiese vorms van bewaring. Die bewaring van ons hulpbronne. Almal wil mooi parke en skoon strate hê en daarom is dit almal se werk om dit te bereik. Daar is reeds verskeie eilande van plastiek in die oseaan, diere gaan dood, water word besoedel. Ons ru-materiale word gebruik op dinge wat eenkeer gebruik word en daarna begrawe word, waar dit vir ‘n baie lang tyd nog bestaan, maar nooit weer gebruik kan word nie. Daar is net een woord om dit te beskryf en dit is, mors. Ons mors geweldig baie. Ek voel ook veral as Christen daartoe geroep om verantwoordelik met dit om te gaan wat aan ons toevertrou is.

So wat kan jy doen?

Elke enkele verandering wat jy kan maak in jou lewe maak ‘n verskil. As elke mens begin met ‘n paar klein aksies om vullis te verminder, gaan ons binnekort astronomiese resultate kan sien. Moenie na dit kyk en dink jy sal dit nooit kan regkry nie. Verskaffers maak dit inderdaad baie moeilik om so ‘n leefstyl te handhaaf, met alles wat individueel en oordadig verpak word. Kyk eerder watter veranderinge pas by jou eie leefstyl en gaan vir jou hanteerbaar wees. Een van die heel maklikste wegspring punte is inkopie sakke. Hou ‘n paar in jou kar aan en gebruik hul wanneer jy inkopies doen. Weier goed wat jy regtig nie nodig het nie, soos strooitjies. Bring jou eie bekertjie saam wanneer jy wegneem koffie bestel sodat jy nie ‘n weggooi bekertjie hoef te gebruik nie. Hou ‘n kosblik met eetgerei in jou kar, vir ingeval jy n wegneem ete wil vat. Koop eerder grootmaat. Dis maar ‘n paar voorstelle en ek hoop om meer daar oor uittebrei in ‘n volgende blog post.

Ek self is nog lank nie by net ‘n glasbotteltjie vir my vullis nie, maar die veranderinge wat ek stelselmatig kon implementeer het my swartsak vullis met drastiese hoeveelhede verminder. Ek hoop dat in die volgende paar jaar daar drastiese skuiwe sal gebeur in die manier wat ons aankope doen en hoeveel vullis ons genereer.

 

Advertisement

7 thoughts on “Wat is ‘n Nul-Vullis Lewe?

  1. Hierdie is ‘n onderwerp wat my na aan die hart lê. Rommel en rommelstrooiing het in ‘n kultuur ontwikkel en ‘n nuwe lewe van sy eie ontwikkel hier waar ons woon. Hierdie is ‘n baie lekker tema vir ons Skryf-safari uitdagingsreeks as jy dalk sou belangstel om dit aan te bied as ons gasblogger – iets soos “Wat ek doen op reis na my nul-vullis lewe”. Laat weet as jy belangstel. Dankie vir die inloer en die volg, dit was lekker om kennis te maak.

    Liked by 1 person

      1. Oukei! Ek sien uit hierna. Daar is ‘n paar gasbloggers voor jou in die ry, maar ek het jou naam op die lys gesit vir die 21ste Junie. Dalk het jy dit al gelees, maar hier is ‘n skakel na my blog wat verduidelik wat die gasblogger te doen staan.

        Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.