Skryfsafari: Agter die venster

 

Sy het die rosies aspris so gepak. So asof dit vir ‘n Instagram foto is. Als moet perfek wees. Asof dit ‘n verskil gaan maak. Hulle gaan tog vandag kom sê wat hul wil. Dit is reeds op die kaarte.

Haar hout vensters is effe verweer en die blikbeker het sy uit haar kampkrat gegrawe. Esta Verwee kyk nou na die binnekant van die vertrek. Die hout vensters aan die binnekant lyk dieselfde as van buite, maar die mure is kraakvars wit en die leer stel banke lyk mooi. ‘n Nguni vel, en nog ‘n paar van die pienk rose en ‘n enkele pienk Protea rond die prentjie af. Sy het elke hoekie geskrop,sy weet die vertrek lyk goed. Sy vee oor ‘n denkbeeldige stoffie op haar effens verbleikte jean. Sy het ‘n mooi bloes en gesnyde baadjie donkerblou baadjie gekies om daarby aan te trek. Haar leer stewels is nog mooi. Sy weet sy lyk goed, maar haar senuwees knaag. Sy kyk vir die soveelste keer na die netjies versierde suurlemoen tert in die yskas. Klein laventel takkies lê reg om op die bordjies te kom wanneer die tert bedien word. Die deur gaan oop en haar man Otto stap in. “Dankie tog jy is hier” asem sy.  Hulle hou mekaar ‘n oomblik vas. “Als gaan oukei wees, ontspan net.” Esta kyk hom net stil aan en knik.

Hulle hoor die geluid van ‘n motor by hul hek. Hulle kyk vlugtig na mekaar. Esta gaan sit die ketel aan en Otto stap uit om hul te ontvang. Die besoek gaan verby in ‘n waas. Esta proe skaars die suurlemoen tert. Woorde vlieg oor en weer, maar Esta swewe op ‘n wolkie van ongeloof en blydskap. Woorde soos, “geboorte oor ‘n maand” “uiteindelik bo aan die waglys” en “finale dokumentasie kan geteken word” flits heen en weer in haar kop. Otto se hande bewe effens waar hy die koffie beker vasklou. Hy kyk weer na Esta en glimlag bewerig. Sy kan die trane nie keer nie. Haar oog vang die pienk rosies en sy glimlag… Dis ‘n dogtertjie. Hulle dogtertjie.

 

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=781709

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

https://toortsie.com/2018/05/24/skryfsafari-deur-die-venster/


15 thoughts on “Skryfsafari: Agter die venster

  1. Dis pragtig geslrywe…. en ek konnie help om te glimlag toe ek lees dis ‘n dogtertjie nie. Wanneer ek my skrywe plaas sal jy verstaan. Ek hoop jy het dit geniet en neem weer deel aan ons volgende uitdagung.

    Liked by 1 person

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.