‘n Omgewingsvriendelike koffie kafee in Bloemfontein

Ter ere van Wêreldomgewingsdag wil ek graag met julle ietsie deel oor ‘n koffie kafee in Bloemfontein wat regtig hulle deel doen vir die omgewing. Ek voel dat plekke soos die moet gevier word.

Die koffie kafee, Coffee Talks Cafe is naby die Botaniese tuine en in Rayton kleinhoewe omgewing, Bloemfontein. Van buite af nooi ‘n bordjie of twee jou na binne. Wanneer jy inry voel dit of jy daar, aan die buitewyke van die stad, jou reg in die hartjie van die platteland bevind.

Van af die parkeerterrein is dit reeds duidelik dat hier heelwat goed aan die gebeur is. Volg die paadjie verby die swembad en dan deur ‘n tweedehandse mark area om by die kafee uit te kom.

DSC_0011 (2)

By die kafee kan jy etes kry, ‘n vars gemaalde vrugte mengeldrankie drink en heerlike koffie en koek kry. Maar jy kan ook vars groente en vrugte (nuwe voorraad kom in op Dinsdae en Donderdae), verpakking-vrye speserye en ook omgewingsvriendelike skoonmaak middel, Mrs Martins and Microbes koop. Daar is ook ‘n verskeidenheid van organiese vleis en vars eiers beskikbaar.

Die groot tuin met sitplekkies hier en daar en voëls wat baljaar in die waterpunte is natuurlik my gunsteling gedeelte. DSC_0013 (2)

Hier is ‘n lysie van die onderwerpe waaraan die koffie kafee tans werk. Dis regtig merkwaardig en hopelik die inspirasie vir baie besighede in Bloemfontein.

IMG_20180604_114429

Gelukkige Wêreldomgewingdag!


11 thoughts on “‘n Omgewingsvriendelike koffie kafee in Bloemfontein

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.