Ek skryf hieroor, maar ek is ver van nul-vullis. Inteendeel, meeste dae voel dit of ek nog verloor. Wanneer ek die dag ‘n goeie dag het en ek ry deur die strate van bloem en plastiek en vullis waai oral rond, sak my moed van voor af in my skoene.
Elke keer staan ek weer op en probeer nogmaals. Ek sien dat met die onderwerp voel die meeste mense maar soos ek voel. Totaal oorweldig. Totaal onbenullig.
Ek hoop ek kan jou inspireer met hierdie skrywe om tog te probeer. Ten spyte van die berge vullis op straat en die eilande plastiek in die see. Ten spyte daarvan en juis as gevolg daarvan. Google ‘plastic vortex in the ocean’ en kyk vir jouself.
Ons moet hierdie aarde versorg en daarna omsien, maar in pleks daarvan is ons ter wille van kortstondige gerief, besig om letterlik ons aarde te bevuil. Ons gebruik menslike hulpbronne vir items met eenmalige gebruik, plastiek water bottels, koffie bekers, sakkies, strooitjies, wegneem-ete-houers… die lys gaan aan en aan. Daar is so geweldig baie wat ek kan en wil sê oor die onderwerp. Ek weet amper nie waar om te vat en waar om te los nie. Ek wil vir nou net ‘n paar praktiese items aanbeveel wat jy kan aanskaf of verruil om ‘n verskil te maak.
Hier is 7 allerdaagse dinge wat jou kan help:
- Bring jou eie materiaal inkopie sakke.
- Bring jou waterbottel vanaf die huis en vul hom op. Deesdae is daar ook watersuiwering-winkels wat hervul opsies bied.
- Bring jou eie koffie beker vir wegneem koffie. As jy vergeet, vat die bekertjie sonder die plastiek deksel, dis die helfte minder vullis. Ek hou van my E-coffee cup.
- Weier ‘n strooitjie. Altyd. Ons het nie strooitjies nodig om te drink nie. As jy voel jy het een nodig, koop vir jou ‘n mooi herbruikbare strooitjie en dra hom saam met jou rond. Strooitjie
- Skeer met ‘n safety razor in plaas van ‘n plastiek skeermes. Ek het myne tweedehands aanlyn gekoop. Maar kyk gerus by Boendoebaard.
- Vervang jou volgende tandeborsel met ‘n bamboes tandeborsel in plaas van ‘n plastiek tandeborsel. Faithful-to-Nature Tandeborsel
- Koop jou groente en vrugte sonder plastiek. Ek het ‘n paar laundry bags gekoop by Dischem waarin ek my groente laai om geweeg te word, maar daar is ook bitter oulike groentesakkies op die mark. Groentesak deur String Greens
Ek het ook ‘n paar persoonlike ekstra en spesifieke voornemens vir plastiekvrye-Julie. Hierdie spesifieke voornemens kan dalk moeiliker as normaal wees omdat ons beplan om te gaan kampeer in Julie maand.
- Geen eenmalige plastiek waterbotteltjies nie.
- Geen plastiek inkopie sakke nie.
- Geen wegneem koffie bekertjies nie.
- Sover as moontlik geen weggooi doeke vir my dogtertjie nie. (Normaalweg gebruik ek glad nie weggooi doeke nie, ek is net bekommerd oor die kampering gedeelte)
Ek dink dat die reis na ‘n nul-vullis lewe waarskynlik vir ‘n baie lang tyd presies dit gaan bly, ‘n reis. ‘n Mens moenie ‘n ‘alles-of-niks’ lewensuitkyk hê wanneer dit by die onderwerp kom nie. Eerder ‘n ‘elke klein besluit tel’ siening. Ek hoop ek kon jou inspireer om minstens een voorneme te maak en sommer af te skop daarmee in die maand van Julie.
‘n Paar handige skakels:
Zero waste Journey In South Africa On Facebook.
https://www.faithful-to-nature.co.za/lifestyle/waste-less
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel.
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=786362.
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Categories: Afrikaans, Nul-Vullis, Skryf Safari, Volhoubare Leefstyl, Zero waste
Hierdie skryfsafari van jou het my nou oorreed tot materiaal winkelsakke. Sodra ek terug by die huis is, is dit my volgende tree.
Ek het ‘n glas waterbottel wat ek sommer by die huis volmaak. Ek sal vir my weer ekstras aanskaf.
Dankie vir hierdie uitstekende inisiatief van jou.
LikeLiked by 1 person
Jy maak my hart bly!!
LikeLiked by 1 person
Dit is beslis n uitdagende opdrag wat jy hier gee. As ons wil sal dit werk. Dis net baie gemakliker om maar te mors. Dankie vir jou lekker onderwerp. Daar kan beslis baie oor geskryf word.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die saamskryf!
LikeLiked by 1 person
Net partykeer wil ek soos ‘n volstruis my kop in die sand druk en nie nog een ding verder hoor of sien wat op hierdie planeet aangaan nie. Jy sien vullis…. en ja dis ‘n groot probleem…. en ek huil oor verlore siele. Dis goed dat jy ons bewus gemaak het…. en ek glo ek sal nou tweekeer dink.
LikeLiked by 1 person
😦 so baie hartseer in die wereld!
LikeLiked by 1 person
Te veel!!! Ek het al lang pad gestap en te veel gesien en beleef om nie op te kyk in vetwagting na ‘n nuwe aarde nie. Ek is vandag hartseer… en dan is dit beter as ek maat liewer stilbly. Mooi dag vir jou ☺
LikeLiked by 1 person
Gelukkig wag daar ‘n nuwe aarde op ons.
LikeLiked by 1 person
Ek wou nou ‘n witty comment maak, maar laat ek eerder op die vermindering van plastiek in my lewe fokus (veral eenmalige gebruik soos jy tereg noem
LikeLiked by 1 person
Julie is die perfekte maand vir dit! Daar is so baie maklike, klein stappe wat ‘n mens kan maak, wat ‘n groot verskil maak.
LikeLike