Skryf Safari – Hoekom blog ek?

Kom ons begin by die begin. Ek het in ‘n wildreservaat in die Oos-Vrystaat gewoon toe ek begin skryf het. (Ons het intussen getrek na ‘n plaas net buite Bloemfontein in die Brandfort distrik.)Kliek gerus op die skakels om die stories te sien.

So, om terug te kom by die storie van die wildsplaas. ‘n Mens kyk soms vas in jou probleme en jy vergeet van jou seëninge. Keer-op-keer as mense kom kuier het, het hul gesê op hoe ‘n fantastiese plek ons gebly het. Mense het my ook aangemoedig om daaroor te skryf en dis toe presies wat ek doen. Dit is ‘n baie lekker manier vir my om my seëninge te tel. Op skrif en in fotos deel ek die aardse dinge wat my lewe vir my lekker maak. Natuurlik is my grootste seëninge die mense vir wie ek lief is en wie God in my lewe geplaas het. My man, my dogtertjie, my familie en vriende, maar ek blog nie op ‘n persoonlike vlak daaroor nie. Ek blog graag oor my ervaringe, my reise, avonture en plekke wat ek besoek.

My blog belange het intussen uitgebrei na ‘n manier om kreatief te wees en my brein aan die gang te hou, maar ook ‘n manier om uit te reik. Die lewe op die platteland kan soms eensaam wees vir ‘n ekstrovert. Met behulp van my blog nooi ek vriende en familie in my huis in wat ver bly en ek ontmoet nuwe mense.

Ek wil iets moois skep hier op Country Living in South Africa. Ek wil ‘n ervaring skep vir jou wat in die stad bly of ‘n gevoel van samehorigheid vir jou wat ook op die platteland bly. Ek wil jou ‘n kykie gee in my lewe as ‘n plaasvrou. Ek wil die platteland vir jou bring, die winkeltjies, die reservate en die kos. Vanaf hierdie maand, Julie 2018, wil ek ook die plattelandse mense met jou deel. Elke Woensdag beplan ek om stories te deel oor mense wat ‘n liefde het vir die bos, die buitelug, die natuur en bewaring.

Kliek gerus op die skakel hieronder:

Introducing Country People

Kom vier saam met my die vreugdes van die platteland.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die volgende InLinkz-skakel:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=787126

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).


9 thoughts on “Skryf Safari – Hoekom blog ek?

  1. Liza, ek hoop jy geniet dit nog steeds hier tussen die bloggers. Ek haal nou stadig maar seker in met my agterstallige leeswerk en hoop regtig dat ek nou ook voortaan jou gereelde bydraes kan lees. Ek wil nog gaan kyk hoe het jou Skryf-Safari uitdaging afgeloop.

    Liked by 1 person

    1. Dankie vir die inloer! So bly jy is terug. Ek wil verseker bly deelneem aan skryf safari’s. Ons is lekker in die wildtuin die week, so ek is nou agter met alles. 😂

      Like

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.