Plastiekvrye Julie – Week 1

So week 1 van Plastiekvrye-Julie is verby. Neem jy deel? Volg jy die uitdaging op sosiale media? Hoe was week 1 vir jou? Wat was jou hoogte- en laagtepunte?

Op my 4 spesifieke voornemens was ek suksesvol vir week 1. Lees oor hulle hier. Klik op die skakel – Voornemens

Ek het geen plastiekwaterbottels, weggooibare koffiebekers, plastiek inkopie sakke of weggooibare doeke gebruik nie. Op ‘n paar ander vlakke was ek minder suksesvol. Ons gesin is verslaaf aan Brokkoli en Blomkool en ek het nie tyd gehad om te gaan soek vir onverpaktes nie, ek het maar gekies om die in ‘n plastieksakkie te vat in plaas van die in polistereen en plastiek. Ek het ook die week verneem dat Bloemfontein ‘n melkery het, maar ek was nog nie daar nie en die week se melk het ek gekoop in plastiek houers, darem herwinbaar, maar steeds plastiek. Kom ons kyk maar wat lewer die volgende week op.

Ek deel ook met jou 5 alternatiewe maniere om plastiek te vermy. Sommer net vir almal wat oorweldig voel. In geen spesifieke volgorde nie, hier is ‘n paar idees.

  1. Oorstokkies? Normaalweg is die stokkie gedeelte van plastiek, maar deesdae word dit ook vervaardig met ‘n komposteerbare bamboes of papier stokkie. Ek het myne gekry by Dischem. Onthou net, enigiets wat biodegradeerbaar is moet op ‘n komposhoop gaan, anders dien dit geen doel nie. Dit sal, by gebrek aan die regte omstandighede, nie op ‘n vullishoop afbreek soos dit moet nie.
  2. Materiaal inkopiesakke by die huis vergeet? Daar is net een manier wat jy gaan leer ;). Pak jou inkopies netso in jou trollie en laai dit net so in die kar. Hoe meer inkopies jy het, hoe groter die kans dat jy volgende keer gaan onthou. Terloops, Pnp se inkopiesakke is deesdae biodegradeerbaar, Woolworths s’n tenvolle herwinbaar en Spar het die opsie vir papiersakke. Dit is egter steeds eerste prys om enige eenmalige item soos die pes te vermy.
  3. Water? Is jy bitter dors by ‘n restaurant en jy het jou waterbottel vergeet? Vra die kelner vir ‘n beker gekookte water en ‘n glas met ys. So verseker jy enige watergoggas is verwyder met die kookproses en jy hoef geen eenmalige plastiek bottels aan te skaf nie.
  4. Kaas? Koop kaas grootmaat in ‘n ronde wiel met was om. Die was kan afgehaal word en gestoor word in bolletjies as vuuraanstekers. Daar is sommer ‘n dubbeldoel, kaas sonder plastiek en vuuraanstekers op die koop toe. As jy nie so baie kaas eet nie, kan dit gesny word en in houers ingevries word. Laat dit in die yskas ontdooi ‘n dag of so voor jy dit gaan nodig kry.
  5. Wegneem etes? Jy hou daarvan, maar verpes al die onnodige verpakking? Neem jou eie houers saam. Party plekke sal meer geneรซ wees om jou te help as ander. Dink aan plaaslike restaurante en deli’s voordat jy groot franchise restaurante ondersteun.

Ek hoop jy hoor gereeld iets van Plastiekvrye-Julie, dis nog nie te laat om deel te neem nie en nog nie te laat om ‘n paar lewensveranderinge te maak nie.

Home

Advertisement

11 thoughts on “Plastiekvrye Julie – Week 1

  1. Knap gedaan!
    Ek het ook โ€˜n trappie gevorder en gebruik nou materiaalplastieksakke.
    Ek drink nie wegneemkoffie nie, so daardie een mag wk seker nie aftiek nie.
    Ek gebruik al lankal nie meer oorstokkies nie, omdat dit regtig skeg is vir jou ore, sommer net terloops. Ons ore us gemaak om hulleself skoon te hou en as ons oorstokkies gebruik, versteur ons die haartjies wat die vuiles moet uitlaat en verwrger die probleem. ๐Ÿ˜
    Jou kaas-idee is baie oulik en ons gebruik reeds so baie kaas. Ek sal โ€˜n bietjie uitkyk vir die rooi kase.
    Dankie vir die wenk.

    Liked by 1 person

      1. Nee wat jong, nog verrrr om te gaan! O, en ek probeer onthou as ek by sie kassiere verbygaan om die pakkers te vra om nie die seep in klein sakkies te sit nie.

        Like

      2. Ag, moenie skuldig voel oor die oorstokkies nie. ๐Ÿ™‚ Ek het dit sommer net genoem. Dis nie so maklik om dit te los nie, want jou ore moet mos by die nuwe situasie aanpas, en dis nie maklik nie. Maar dit kom later reg. In my gesin is nog ‘n paar wat dit wel gebruik.

        Liked by 1 person

  2. Goeie idees, veral die kaas. My inkopiesakke is permanent in my kattebak. Ek gebruik lankal nie meer plastieksakke nie…almal is van materiaal.Strooitjies het ek ook lankal gelos. Ek drink geen bottelwater nie.Ek bestel gewone water in restaurante…nog nooit iets oorgekom daarvan nie.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.