To my English-speaking followers, thank you for popping in. I blog about a sustainable lifestyle in Afrikaans because I feel there are not nearly enough Afrikaans voices for the environment.
Ek weet hierdie artikel moes al ‘n week gelede op die blog gewees het. Ek moes egter my brose wens-ek-was-100%-nulvullis-ego bymekaarskraap om hierdie te skryf.
My voornemens was as volg.
- Geen eenmalige plastiek waterbotteltjies nie. Ek was bitter goed op dreef, sonder enige plastiek bottels. Ek het my eie waterbotteltjie getrou rondgedra en beplan om ons drinkwater in 4, 25 liter jerry kanne te pak vir ons wildtuin vakansie. Dis net daar met ‘n laat-pakkery wat dinge lelik skeefgeloop het. My jerry kanne het geroes en ek het dit op die laaste oomblik eers agtergekom. Ons het groot 5 liter plastiek waterbottels gekoop en ongelukkig hier en daar ‘n kleintjie ook. SANparke het onlangs met ‘n inisiatief begin waar hul gefiltreerde water in hul winkels aanhou en jy kan jy eie houers bring en dit opvul. Dit is ongelukkig nog net in sekere kampe beskikbaar. (As jy wonder hoekom ek nie net kraanwater drink nie, ai, as jy eers eenmaal siek geword het van water begeef jy jou nie gou weer in die moontlikheid daarvan nie.)
- Geen plastiek inkopie sakke nie. Dit het gelukkig baie goed gegaan, behalwe een middag toe ons inderhaas inkopies gaan doen het voor ons Sable Hide oorslaap ervaring (Skakel – Sable Hide Experience) , ek het my sakke in die kar vergeet en was so haastig dat ek my oë toegeknyp het en ‘n paar sakkies gekoop het.
- Geen wegneem koffie bekertjies nie. Ek is ongelooflik lief vir koffie en wegneem-koffies is gereelde verskynsel in my lewe. Ek het verbasend goed gedoen op die uitdaging en baie mooi my beker onthou of gevra om te sit en die koffie te drink in die restaurant se eie bekers. Ek het egter een wegneem bekertjie gevat op ‘n middag wat my man wou ry en my ek nog nie my vuurwarm koffie kon afsluk nie. My gunsteling bamboes bekertjie het ook gebreek op die vakansie en ek het hom vervang met ‘n nuwe een. Die ou een is in klein stukkies opgekap en op my komposhoop.
- Sover as moontlik geen weggooi doeke vir my dogtertjie nie. (Normaalweg gebruik ek glad nie weggooi doeke nie, ek was egter bekommerd oor die kampering gedeelte) Ek haal my hoed af vir my vriendin, wat van begin tot einde van die kampeervakansie net lapdoeke gebruik het. Ek is so trots op haar. Ek het ‘n bietjie gevou en een hele pak weggooi doeke gebruik op ons 14 dae vakansie. Ek het dit afgewissel met lapdoeke, maar ek het nie so getrou my wasgoed bygehou soos wat ek wou nie.
Miskien vra jy jouself nou af hoekom bespreking ek my plastiekvolle mislukking met jou? Ek is van mening dat elke klein en enkele besluit ‘n verskil maak. Saam met my mislukkings het daar oor suksesse gekom en ‘n nuwe ywer om weer te probeer. Ek glo ons kan ‘n verskil maak en verskaffers kan dit definitief vir ons makliker maak om vullisvry te lewe. Hulle gaan dit verseker nie doen as ons stilbly en alles aanvaar soos dit is nie. Daarom moet ons dit van die dakke af skree as dit moet, as dit is wat dit gaan vat om ons morsige gewoontes te breek.
Julie is verby, maar die aarde moet steeds opgepas word en ek wil met nuwe ywer ‘n paar areas van my lewe aanpak. Ek is bekyk die mark fyn vir ‘n omgewingsvriendelike grimering, aangesien ek ‘n paar items het wat binnekort vervang moet word. Ek eksperimenteer ook al ‘n tyd lank met verskeie omgewingsvriendelike skoonmaakmiddels en daaroor wil ek ook graag skryf. So my pad na die volgende Plastiek-Julie gaan gevul wees met nuwe uitdagings wat ek hoop om met julle te deel. Hoe was jou Julie? Laat weet my gerus in die kommentaar van jou suksesse of mislukkings.
So lekker artikel. Ek het Julie baie moeilik gevind met die dat ons op vakansie was in Kruger, ‘n mens mors baie en het altyd goeie planne by jou huis om nie plastiek te gebruik nie en dan gaan jy weg en verval in jou morsige-plastiek-verorber-slush-puppy-drink-in-ʼn-weggooi-glasies-met-ʼn-plastiek-strooitjie wyse van lewe. Dit laat my net weer besef dit is ʼn leefstyl verandering en nie ʼn gewete sisser as mense vir jou kyk nie. Glad nie maklik vir my nie! Veral nie met ʼn 2 jarige kind nie.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly ek is nie die enigste een wat daarmee sukkel nie!! Verskaffers kan dit ook makliker maak met beter opsies. Elke piesang en ui in die wildtuin se winkeltjies is driedubbel verpak in plastiek. Dit maak mens naar.
LikeLike
Die probleem lê juis in die verpakking. As jy winkel toe gaan is alles in plastiek. Ek weet nie hoe dit ooit omgedraai kan word nie, want dit maak vervoer en kontrole soveel makliker.Al raad hiervoor is om te herwin en dis ook nie altyd die antwoord nie. Die mense wat die goed versamel, sorteer die goed in die veld en los die gemors net daar.
LikeLiked by 1 person
Verpakking is ‘n probleem, maar voel wel vir my asof daar soms onnodige ekstra verpakking gebruik word. Dis frustrerend.
LikeLiked by 1 person
Pas ‘n baie interessante artikel gelees, wat mens weer ‘n ander perspektief gee…
Fighting Plasticphobia
LikeLike
Wag ek sien die link werk nie…sal weer probeer..
https://rclutz.wordpress.com/2018/08/06/fighting-plasticphobia/
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek gaan rustig bietjie later lees!
LikeLiked by 1 person
Dis nou heel interessant om die anderkant ook te lees, veral die feit dat plastiek eintlik baie minder energie gebruik om vervaardig te word, as bv. papierverpakking. Ook dat dit nie ontbind nie en geen gasse vrystel soos bv
LikeLiked by 1 person
Weggegooide kos wat ontbind en so aan. Lees maar en laat weet my wat jy dink.
LikeLiked by 1 person
Ek plaas weer ‘n skakel…daardie een werk nie.
https://rclutz.wordpress.com/2018/08/06/fighting-plasticphobia/
LikeLiked by 1 person
Ek is jammer maar hierdie ou se feite maak nie sin nie. Daar is baie min mense (behalwe die vervaardigers van plastiek) wat positief oor die gebruik van plastiek. In Suid Afrika doen PlasticsSA in elk geval baie om plastiek e recycle en glo hulle dat dit recycle moet word en dit spaar baie petroleum, anders as wat hierdie persoon wil beweer dit doen. Papier is bepaald baie meer biodegradable as plastiek en dit is nie papier wat in a post van as besoedelingsmiddel gaan feature nie. Wetenskaplikes deur die bank is ten gunste van die vermindering van plastiek.
LikeLiked by 2 people
Verstaan nie sy vergelyking met die energie gebruik met die vervaardiging plastieksakke versus voedsel nie. Ek het seker maar ‘n sissie van ‘n maag maar dit is nie baie goed met die neem van voedingstowwe uit plastiek of die vertering van plastiek nie…
LikeLiked by 1 person
Ek stem nie noodwendig saam met wat die ou sê nie, Abrie. Dis net interessant om ‘n anderkant van die saak ook te lees. Ek stem wel saam met hom dat plastiek beter bestuur moet word, maar in ‘n land vol morsjorse soos hier, is dit nie moontlik nie. Ek gril my dood as ek sien hoe lyk die omgewing hier by ons, besaai met plastiek.Die voordeel by die nadeel is dat die plastiek nie ontbind en gasse vrystel nie. Dis nou ‘n geval van “catch 22” Die mens knoop homself vas in sy eie uitvindsels en geld praat die hardste. As alle verpakking deur papier vervang moet word…dink aan die impak op die omgewing. Ek het nie die antwoord nie. Ek dink net mense moet leer om verantwoordelik met plastiek om te gaan.
LikeLiked by 1 person
Abrie, hy vergelyk die vervaardiging van plastiek met die vervaardiging van papierverpakking…nie met vervaardiging van voedsel nie.
LikeLiked by 1 person
Daar is grafiek wat energie verbruik met kosvervaardiging vergelyk. Hier is aanhaling met punt wat hy probeer maak. “Yet for whatever reason, we associate plastic bags — but not food production — with environmental degradation. If we care about climate change, cutting down on food waste would be many, many times more beneficial than worrying about plastic bags.”
LikeLiked by 2 people
Ek besef dat ons plastiek nodig het en is nie voorstaander van die afskaffing van plastiek in sy geheel nie. Hy maak egter ‘n hele paar aannames soos die vervanging van plastiek met papier en noem glad nie die probleem wat plastiek veroorsaak in die oseane nie
LikeLiked by 2 people
Ek moet bieg…ek lees nooit grafieke nie, want ek verstaan dit nie…lol! Die punt wat hy maak is tog wel geldig…cutting down on food waste. Wat my betref moet ons as mense ernstig begin kyk na hoe ons die aarde opvoeter met al ons ondeurdagte bogtery, waarvan plastiek een van vele is.
LikeLiked by 1 person
Dit was nou regtig ‘n interessante artikel waarvan jy die skakel hier geplaas het Bytjie. Die probleem lê merendeels by die rommelstrooiing, d.w.s. by die gebruiker. So het elke saak ook twee kante.
LikeLiked by 2 people
Laat mens dink…dit gaan op die end daaroor dat mense dit nie beheer nie.
LikeLiked by 1 person
Dis waar!
LikeLiked by 1 person
Hartlik geluk met ‘n nie-mislukking. Behalwe dat jy self ook baie meer gedoen het as voorheen, het jy ander menae, soos ek, geïnspireer om ook te werk aan minder plastiek.
Die res sal ek vertel in’n bloginskrywing.
LikeLiked by 1 person
Ek kan nie wag om te kom lees nie. Ek is erg agter met blogs lees. Gaan kom inloer. 🙂
LikeLiked by 1 person
Jy is beslis ‘n inspirasie en jy het glad nie sleg gevaar onder daardie omstandighede nie. Ons het ver veld gewen met die plastiekinkopiesakke deur drie groot drasakke en ‘n cooler bag in die kattebak rond te ry. Dit het twee keer gebeur dat ek die sakke in die motor vergeet het en ek het myself “gestraf” deur al my inkopies sonder sakkies in die winkeltrollie te laai. Die mense het my aangestaar asof ek ietwat getik is (dis seker waar ook). Terug by die motor het ek alles mooi oorgepak in my groot sakke met behulp van die karwag. Na twee strafsessies het my geheue skielik verbeter.
LikeLiked by 1 person
Haha. Strafsessies was my redding ook. Hou ons nog skryfsafaris?
LikeLiked by 1 person
Ons sal sekerlik in die toekoms daarna kyk. Daar is iets anders op die agenda na afloop van die vervolgverhaal, maar eintlik is daar niks wat ons verhinder om meer as een uitdaging gelyktydig aan te bied nie – BEHALWE my datalyn wat glo vandag uiteindelik geïnstalleer word. Ek is nie baie optimisties nie, maar hou tog duim vas.
LikeLiked by 1 person
Ek is so bly. En ek hou styf duimvas. Sien uit om te sien wat is op die spyskaart.
LikeLiked by 1 person
Liza die blog wat ek belowe het hieroor kom nog. Geluk met jou bewusmaking pogings
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek sien uit om dit te kom lees. Saam met al die ander wat ek nog wil lees. 😀😀 Ek kom binnekort daar inloer.
LikeLike
💕
LikeLike