Hierdie is my eerste Afrikaanse skrywe vanuit Mosambiek. As jy die vorige skrywe oor ons trek gemis het, lees dit hier. ⇒Introduction to our New Home in the Govuro District, Mozambique
Tussen groentetuin aanplant, my gesin voer, ons nuwe huis ‘n tuiste maak, Portugees (probeer) leer, voëls kyk, bome probeer identifiseer en natuurlik my normale werk van mamma wees vir my 22 maande oue dogterjie, wat die meeste van my tyd vat, kom skryf amper heel laaste.
Die afgelope maand of twee het ‘n paar goed by die deur uitgewaai met die pak saam, dit was ‘n rowwe besige tyd en ‘n paar plastiek en eenmalige gebruik items het hulle pad in my huis gevind tot my spyt. Ons is nou hier by ons nuwe tuiste en dis tyd om van voor af keuses te oorweeg.
Op verskeie vlakke is dit heelwat makliker om ‘n groen leefstyl te handhaaf hier. Ons gebruik sonkrag vir die meeste van ons elektrisiteits behoeftes hier. Vir kos kook gebruik ons gas, om ons gas verbruik te verminder oorweeg ek dit sterk om ‘n Wonderbag aan te skaf. Lees gerus meer oor hulle hier ⇒ The Wonderbag Shop
Ons was geseënd om by ‘n plaas te kom bly waar daar reeds ‘n groentetuin is met skadunette en water reeds aangelê. Buiten 3 soorte blaargroentes, wortels en beet het daar het nie veel gegroei daarin met ons aankoms nie, maar ek het reeds heelwat geplant en nou wag ons om te sien wat groei en wat groei nie. Ek sal bitter graag die tuin organies wil hou, alhoewel ek reeds my eerste saailinge verloor het aan iets wat vir my lyk soos ‘n tipe termiet wat die wortels van die plant opeet. Kom ons hoop ek kan in vrede met die omgewing hierdie tuin verbou en steeds iets vir onsself oorhou.
Die tuin het ook to my grootste vreugde ‘n verskeidenheid van vrugtebome papaja, piesang, mango en ‘n paar verrassings (ek weet nog nie wat hul dra nie) sitrusbome. Natuurlik beoog ek om ‘n paar bome by die versamel te voeg.
Kos aankope gebeur meestal op straat by markte, vars goed word sonder enige verpakking ten toon gestel en as mens jou eie sakke saambring vat jy geen verpakking huis toe nie.
Ons het makliker toegang gehad tot organiese wildsvleis in die Vrystaat, maar gaan hier ‘n paar dieet aanpassings moet maak. Vis is makliker bekombaar in Mosambiek en ook makliker bekombaar sonder enige verpakking. Ons het ook reeds ‘n hele paar hoenders aangeskaf, sodat ons altyd vars eiers kan hê.
Ek het ‘n klein terugslag gehad in my poging tot nul-vullis of min vullis toe ‘n boks met toiletware weggeraak het in die trek. Daarin was onder andere organiese gesig-olies in glasbottels, dankie tog vir ‘n gesigroom geskenkie van my ma net voor ek vertrek het anders was ek nou ‘n uitgedroogde rosyntjie. Daarin was ook my lemmetjies vir my veiligheids skeermessie. A.g.v. die verlore lemmetjies moes ek noodgewonge ‘n paar baie lelike plastiek skeermessies aanskaf, maar beoog om dit vinnig te verander en het reeds gereël dat iemand vir my nuwe lemmetjies stuur. As jy wonder waar om so ‘n skeermessie aan te skaf gaan loer gerus in by ⇒Boendoe Baard
Oor die algemeen was die skuif hiernatoe meer trappies op as af in die reis na nul-vullis en ‘n groener lewe, maar daar is nog baie areas waaraan ons kan werk. Ek hoop om binnekort meer hieroor uit te brei.
Baie dankie ook aan Maretha Botes vir die “Geen Rommel” artikel in verlede week se Vrouekeur. So bly met so ‘n broodnodige artikel in Afrikaans en wat ‘n voorreg om deel te wees daarvan.
So lekker om van jou avontuur te kan lees. Groete!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Lekkervurig!
LikeLike
Reblogged this on Mozambique eBizStream and commented:
A viagem para zero recusa e uma vida verde continua, em #Moçambique #Govuro #Farming
LikeLiked by 1 person
Thanks for the reblog!
LikeLike
Ek sien uit om meer te lees oor julle nuwe verblyfplek!
LikeLiked by 1 person
Dankie Anne! Daar is so baie om te vertel!
LikeLike
Dit klink baie opwindend.
LikeLiked by 1 person