For my English readers, I will be writing on sustainable and green living under a category called Sustainable Fridays in Afrikaans. I am considering writing this in both English and Afrikaans. If you are interested in seeing this in English, please let me know in the comments section.
Ek het laasjaar, 2018, begin om te skryf oor ‘n volhoubare leefwyse asook die reis na nul-vullis. Ek wil graag hierdie jaar op ‘n meer gereelde basis artikels publiseer oor hierdie onderwerp. Hierdie tipe artikels sal op Vrydae gepubliseer word, alhoewel nie elke Vrydag nie.
Ek is nie Mevrou Perfek as dit kom by ‘n groen lewe nie, maar oor die afgelope paar maande het ek agtergekom klein aksies tel baie. Keer op keer as ek op die punt was om op te gee, het iemand my kom sê hoe hul ‘n verandering gemaak het omdat hul gesien het ek doen dit so. En dieselfde geld vir my, ek kyk na ander mense om my en raak geinspireerd om ‘n verskil te maak. Kom ons inspireer mekaar, kom ons maak die wereld ‘n groener, meer volhoubare plek.
Ek wil in hierdie kategorie met julle raad, produkte, nuus en inspirasie vir ‘n groener lewe deel.
As jy graag dit wil volg, soek die ‘follow’ skakel op my blog, daar is 2, een vir bloggers en een vir e-pos volgers, kies die skakel van jou keuse om gereëlde opdaterings te ontvang.
Onthou ek is ook op sosiale media.
Jy kan my volg op die volgende skakels:
Instagram: Countrylivingsa.blog
Facebook: Country Living In Southern Africa
Twitter: Liza M Roux
Ek sien uit om jou artikels te lees: ons het almal iets te leer!
LikeLiked by 1 person
Dankie Anne. Dink ek gaan self iets leer in die proses. Dit behoort my in lyn te hou 🙂
LikeLike
English please.
LikeLike
Thanks for your feedback! Your wish is my command!
LikeLike
Ons sien baie uit na jou tips, Liza – elke bietjie help en as ons almal n bietjie beter doen maak dit n groot verskil!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die inloer en veels geluk met die Blogger awards!!
LikeLiked by 1 person