Volhoubare Vrydae – Is jou sonskerm koraalrif-vriendelik?

An English version of this blog post on environmentally friendly sunscreen will appear on the blog tomorrow.

As jy soos ek is, het waarskynlik nog nooit twee-keer gedink oor presies wat binne jou sonblok is nie. Al wat vir my belangrik was, is dat ek veilig sou wees van ‘n sonbrand. Ek het onlangs uitgevind dat baie hoofstroom sonblokmerke nie net plastiek bevat nie, maar ook koraalriwwe in die see fisies verbleik of selfs doodmaak. Skrikwekkend nê? As dit ‘n koraalrif kan doodmaak en verbleik, is dit iets wat jy op jou vel moet smeer? Eerder dalk nie dink ek…

So waarvoor moet jy uitkyk as jy weer jou sonblok moet vervang?

‘n Man wat sy doktersgraad het in Ekotoksikologie, Craig Downs, het die afgelope 14 jaar sy tyd bestee om aan te dui watter bestandele hou ‘n ernstige bedreiging in vir die oseaan en als wat daarin lewe.

Volgens hom is die hoof-skuldige bestandeel  in sonskerm Oksibensoon (Oxybenzone).  Die bestandeel val die DNA van koraalriwwe aan in so manier dat hul steeds gesond lyk, maar nie meer kan voortplant nie. Die UV absorberende verbindings kan ook die koraalrif fisies bleik. Volgens Downs is dit die einde van ‘n koraalrif. As die koraalrif eers dood is, verkrummel dit en verdwyn.

So vervang gerus jou volgende sonblok met ‘n beter keuse vir jou en die omgewing. ‘Groen’ aanlyn-winkels verskaf verskeie soorte sonskerms en sonblokke wat nie skadelik is vir jou of die natuur nie.

Laat weet my gerus in die kommentaar as jy lankal reeds weet en ‘n goeie omgewingsvriendelike sonblok/sonskerm kan aanbeveel.

(Bron:https://www.vogue.com/article/reef-safe-sunscreens-oxybenzone-free-sea-turtles-environment-stream2sea)

  4 comments for “Volhoubare Vrydae – Is jou sonskerm koraalrif-vriendelik?

  1. May 3, 2019 at 1:44 pm

    Sjoe! Dis angswekkend soos die ware feite een vir een bekend raak. Hoe op aarde is al hierdie goed aanvanklik toegelaat?

    Liked by 1 person

  2. May 5, 2019 at 6:03 am

    Wow onstellend

    Liked by 1 person

Leave a Reply to Toortsie Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: