Volhoubare Vrydae – Is jou skoonmaakmiddels veilig en omgewingsvriendelik? + WEN ‘n volledige geskenkpak!

An English version of this article will be available on the blog tomorrow.

Vir hierdie artikel het ek saamgespan met Mrs Martin’s Microbes om jou te help om die ommeswaai te maak na beter produkte. Volg die instruksies aan die einde van die artikel om ‘n geskenkpak te wen met ‘n volledige stel van haar produkte vir jou huis. Mrs Martin’s Microbes borg die geskenkpak, maar sy is ook my persoonlike eerste keuse van skoonmaakmiddels in my eie huis.

Hoeveel van die produkte wat jy gebruik in jou huis het groot gevaartekens op die agterkant? Dit is die middels wat jy oor jou vloere gooi, jou oond mee skoonmaak en jou skottelgoed was om net ‘n paar te noem.  Baie van hierdie produkte se chemikalieë is so sterk, dat net die reuk genoeg is om ons siek te maak.

Maak nie saak of jy in die stad of in die bos bly nie, ‘n bio-degradeerbare, veilige skoonmaakmiddel bly maar die beste opsie.

Ons, die mense van Suidelike Afrika, is lief vir die buitelug en die natuur. Ons is kampvegters vir natuurbewaring en sake soos renosterstroping maak ons woedend, maar ons vergeet baie keer, natuurbewaring begin by die huis. Dit begin by die oppas van ons menslike hulpbronne.

Mrs Martin’s Microbes se produkte is verantwoordelik, intelligent en veilig!

So hoe werk dit? ‘n Aktiewe inheemse gunstige bakterieë produseer ensieme wat vuil kan skoonmaak. Let wel dat die bakterieë inheems is aan Suidelike Afrika, dit beteken dat dit ook sal werk in die buurlande van Suid Afrika, soos Mosambiek, waar ek dit reeds gebruik.

Dit is biodegradeerbaar en omgewingsvriendelik en bevat geen skadelike chemikalieë nie.

Odour, my gunsteling produk van Mrs Martin’s Microbes.

My persoonlike gunsteling is haar produk, ‘Odour’. In ‘n plaashuis is daar altyd iets wat ‘n reukie kan hê. Ek gebruik dit op ons katsand tussen ruile, op my wasgoedmandjie met lapdoeke as dit ‘n dag of wat staan, in die badkamer, as my tweejarige dogtertjie iets mors wat kan sleg ruik, soos melk en sommer oral. Die afgelope somer se baie reën het my banke in my huis ‘n muwwe reuk gegee. Ek het dit liggies gespuit met Odour en die mufreuk is heeltemaal weg. Dit het ‘n baie ligte en subtiele geur en werk regtig goed.

Daar is deesdae ‘n paar beter keuses op die “groen” skoonmaak-mark, Mrs Martin’s Microbes staan vir my uit omdat dit bekostigbaar is. Die pryse kompeteer ook goed met hoofstroom produkte wat nie omgewingsvriendelik is nie. “Groen” produkte is baie keer, baie duurder as die wat ons altyd gebruik het en daarom word mense wat reeds huiwerig is om ‘n nuwe produk te gebruik verhinder om die skuif te maak. Dit is nie die geval met Mrs Martin’s nie, gaan kyk gerus self op haar webblad!

https://mrsmartins.co.za/shop-now/

Mrs Martin’s Microbes se starterpack geskenkpak!

WEN! Jy kan ‘n volledige geskenkpak van Mrs Martin’s Microbes se produkte wen. Volg die skakel na my Instagram of Facebook blad om in te skryf. Jy kan inskryf op een van die twee sosiale media bladsye, of altwee vir ‘n ekstra inskrywing.

Countrylivingsablog Instagram blad

Country living in Southern Africa Blog Facebook Blad.

  3 comments for “Volhoubare Vrydae – Is jou skoonmaakmiddels veilig en omgewingsvriendelik? + WEN ‘n volledige geskenkpak!

  1. May 31, 2019 at 5:15 am

    As ‘n mens sou belangstel in die produkte, waar kry jy dit in die hande?

    Liked by 1 person

    • May 31, 2019 at 12:14 pm

      Jy kan dit aanlyn bestel by https://mrsmartins.co.za/shop-now/ as jy meer as R500 bestel is die aflewering gratis. Dit is wat ek doen. Bestel ‘n starterpack en 2 van haar toiletblokkies en dan is jy daar! Ek bestel haar skottelgoedseep in 5 liter en ‘n paar ekstra goedjies by en dit hou my lekker lank! Die grootmaat produkte veral, is baie goeie waarde vir geld. 🙂 Dankie vir die inskrywing op Instagram.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: