Elke jaar, Julie maand, span miljoene mense saam om ekstra bewustheid te skep oor die massiewe probleem van plastiek wat eenmalig gebruik word.
Ek wil jou uitdaag om die jaar deel te wees van die span en van die bewusmaking. Moenie jou laat afskrik deur die woord plastiek-vry nie. As elke persoon net een ding verander kan die die impak reeds fenominaal wees! Kies een ding wat jy vir die maand van Julie gaan probeer, wie weet, miskien kry jy dit reg om dit ‘n permanente instelling te maak.
Die Julie maand gaan ons reis en die een groot ding waarmee ek sukkel as ons is reis is koffie. Koffie en die aaklige weggooibare bekertjies waarin hul kom. Ek onderneem om voorbereid te wees, my beker saam te vat en as ek vergeet, of die koffiedrink te hou vir later, of om in die restaurant te sit en hul eie bekers te gebruik.
Wat gaan jy doen? Laat my weet in die kommentaar?
Ek daag ook spesifiek die volgende bloggers uit om ‘n voorneme te maak!
Toortsie – https://toortsie.com/
Una – https://travel4601.wordpress.com/
Vuurvliegie – https://lekkervurigeaffere.blog/
Bondels gedagtes- https://bondelsgedagtes.wordpress.com/
Sonell – https://sonellblog.wordpress.com/
Uitdaging aanvaar. Verlede jaar het ek geleer om my eie materiaal-of winkelsakke saam te neem as ek gaan koop. Ek gebruik ook my eie gaassakkies vir losmaatgroente.
Ek soek idees van die volgende iets wat ek kan dien, ek sal my oë oophou.
LikeLike