Om te bestel kan jy een van die volgende skakels klik of my epos by lizambooks@gmail.com
Chamberlain Hardeware, Centurion
Graffiti Boeke, Pretoria en aanlyn
Die Pilanesberg Wildlife Trust se Kiosk by die Pilanesberg Sentrum in Pilanesberg
Pilanesberg Nasionale Park is een van daardie plekke waarmee ek groot geword het. En as jy, soos ons, in Gauteng (of ‘n ander naburige provinsie) gebly het, is die kans goed dat dit ook deel van jou lewe was en nou nog is.
As graag met jou gesin Pilanesberg besoek, sal jy mal wees oor my nuutste titel “Pilanesberg Aktiwiteite en Joernaal”. Dit is veelsydig en kan gebruik word vir daguitstappies en ook langer vakansies. Dit in Engels beskikbaar as “Pilanesberg Activities and Journal”




Dit is ‘n 64 bladsy aktiwiteitsboek met tieklyste, volkleur prente van meer as 200 spesies van soogdiere, voëls, reptiele & amfibieë, goggas, bome, inkleurprente, skattejagte, ‘n Pilanesbergkaart en ‘n ruim joernaal afdeling en ‘n dubbel blad volkleur feiteblad oor Pilanesberg.
Dit is kleurvol illustreer deur die talentvolle Ammie Miske en kan gebruik word op sy eie of saam met ander gidse.
Prys R150
Vir enige van my ander titels beskikbaar, besoek gerus my Boeke blaai.
