Country People-Ontmoet Jo-ter and Madeleen Terblance van Cornelia Plaas, Koppies.

Cornelia Plaas is nog een van my interessante Instagram vondse. Kom boer saam hul vir ‘n naweek. 

Onmoet Jo-ter and Madeleen Terblance, mede eienaars van Cornelia Plaas, Koppies Free State.

Jo-Ter en ek, Madeleen is getroud en albei geniet die plaaslewe.  Ek, Madeleen is gebore in Limpopo, ons familieplaas is op Baltimore (naby Ellisras).  Ons werk gedurende die week in Johannesburg en is naweke op die plaas.  Saam geniet ons “sport shooting”, ons het albei dedicated sport shooting status. Agri-toerisme lê ons naby aan die hart, ons besef dat kinders wat in die stad woon min geleentheid het om die natuur te ervaar en dinge te beleef wat mens waardering gee vir die lewe en natuur.  Dus pas agri-toerisme ons soos ‘n handskoen, naweke huisves ons gesinne op die plaas, leer hulle van boerdery, die gaste is deel in die daaglikse take/werk van die plaas. Soos die seisoene ons toelaat, plant en pluk almal saam aan die groente en vrugte, chillis word gepluk, skape word getel en gevoer, die skaapskuur word skoongemaak, hoendereiers word uitgehaal, die hoenders, volstruise, kalkoene word gevoer, die bles- en springbokke word gevoer en getel.  Tydens plant en strooptyd is die gaste saam in die lande of op die trekkers, kinders voel hoe ry ‘n trekker, ons skiet teiken met drie kalibers, dan is daar ook pret op die plaas soos kleiduif skiet, kanoe ritte op die Rooipoort dam en vis word gevang. As ons wil kattekwaad aanvang gooi ons kleilat.

Die plaas het ‘n ryk geskiedenis, dit is oorspronklik die plaas van Genl. Christiaan, Rudolf de Wet, die boeregeneraal.  Dus vertel en wys ons die gaste alles wat steeds op die plaas te siene is van hom. Die plaas is vernoem na De Wet se vrou, Cornelia.  

Waar werk en woon jul? 

Gedurende die week, woon ons in Johannesburg, Fourways, ons is onderandere entrepreneurs in Johannesburg maar werk ook voltyds aan professionele loopbane.

Vertel ons ‘n bietjie van julself, jul lewens storie.

Ons het mekaar in 2011 ontmoet.  Van ons eerste “date” af het alles in plek geval en het ons begin saamwerk aan ons toekoms.  Ons is 4 jaar later, 5 Desember 2015 getroud. Baie van ons stokperdjies stem ooreen en geniet ons saam, ons albei het ‘n liefde vir teikenskiet, tuinbou, musiek, en boer, Jo-Ter is ‘n voorslag in die kombuis asook ‘n uitstekende jagter.  Ons verwerk al ons vleis self, maak ons eie ystee en bottel dit, fermenteer chillis en maak sous daarvan… Ons probeer sover moontlik organiese produkte gebruik en voer ‘n organiese leefstyl.

As entrepreneurs fokus ons op “creating health, happiness and wealth”.   Ons het albei op plase groot geword en die plaas en boerdery is deel van ons samestelling.  Ons werk ure, saam op die plaas en geniet elke oomblik daarvan.

Ons ondernemings saam is onder andere: Die Velsorg reeks, MoiMe Skincare, JT the Grill Master en Labels for Leaders

Die twee wêrelde wat ons kombineer -naweke en gedurende die week-  bied vir ons ‘n balans tussen werk en ontspan.

Wat is jul gunsteling deel van jul leefstyl? 

Ons leef ons passie uit in elke ding wat ons doen.  Daar is ‘n rede en doel met alles wat ons aanpak en doen.  

In ons professionele lewe en ondernemings bereik ons mense, ons verander lewens en gee hoop.  Op die plaas leef ons vir die vooruitgaan van boerdery, ons leer mense hoe om selfversorgend te wees en ons geniet die natuur.  Op die plaas droom ons saam van môre, daar in die rustigheid beplan ons watter stappe volgende en geniet ons mekaar se samesyn.

Hoe lyk ‘n tipiese dag op Cornelia Plaas? 

‘n Tipiese dag op die plaas: Saterdag
7 uur word die hekke oopgesluit en die skape word na die lande aangejaag. Die hoendereiers word uitgehaal, hulle word kos gegee en waterbakke word gevul.
Die plaaswerkers daag net daarna op.  Dan word die dag se werk met hulle bespreek.  Intussen is daar koffie in die huis gemaak. Saam drink ons ‘n koppie koffie en eet beskuit, ons twee bespreek dan wat gedoen moet word vir die dag.  Aandete word beplan en oggendete word geeet.
Daarna spring ons aan die werk, soms elkeen alleen op sy pos, soms werk ons saam.  Die hoenders word oopgemaak om vry rond te loop op die erf en soos die seisoen bepaal word chillis gepluk, groente word gepluk ens. Tussendeur peusel ons aan biltong en lekkerny van die plaas.  Daar word op die dorp, Koppies, die nodige meel, voer ens. aangekoop. Teen 3uur is meeste van die werk afgehandel, dan word ons rustig en ry ‘n draai deur die kamp waar die wild aangehou word. Die springbokke en blesbokke word getel, die drade word nagegaan.  Met sonsondergang geniet ons ‘n “sundowner” op die “game drive”. Daarna word die skape en hoenders ingejaag in hulle slaapplek vir die nag.

Die dag word afgesluit met lekker kuier en aandete wat voorberei word met bestandele vars van die plaas.


Oulike feite oor JT en Madeleen:

  • Jo-Ter en Madeleen het mekaar op internet dating ontmoet
  • Jo-Ter is een van ‘n identiese tweeling
  • Ons eerste date, nadat ons ontmoet het, was kleiduif skiet
  • Jo-Ter was ‘n bachelor toe ons ontmoet het
  • Ons albei skryf links, Jo-Ter skiet links maar Madeleen skiet regs
  • Madeleen ry met trots rond met ‘n PIENK “John Deere” sticker op haar kar

Iets meer oor Cornelia Plaas. Cornelia Familie Plaas word huidiglik besit en bestuur deur die vier Terblanche broers.Jo-Ter en Ben Terblanché is aktief besig met boerdery op die plaas.  Hulle plant koring, hawer vir voer doeleindes. Verder boer hulle met blesbokke en springbokke.  Die springbokke is kalahari springbokke wat afkomstig is van De Aar.
Die Terblanché broers het die plaas geërf van hulle pa, Pieter Terblanché, wat in 2017 oorlede is op die ouderdom van 81.  Hy het steeds op die plaas gebly en geboer tydens sy afsterwe. 

Jy kan JT & Madeleen se avonture en ondernemings volg by die volgende skakels: 

Cornelia Family Farm – Agritourism destination

Facebook:   Cornelia Family FarmInstagram:  corneliafamilyfarm

Agri-Tourism (website):  www.agritourismsouthafrica.com/free-state/item/768-cornelia-farm

Grill Master:Facebook:  Grill MasterInstagram:  jt_the_grill_master
Caring Angels South Africa:Website: www.caringangels.co.zaFacebook: CA-SAInstagram: CaringAngelsSA
MoiMe Skincare:Online Shop: https://moime-skincare.shopstar.co.zaFacebook:  @MoiMeSkincareIntagram:  MoiMe Skincare
Labels for Leaders:Facebook:  Labels for LeadersInstagram:  labels_for_leaders


4 thoughts on “Country People-Ontmoet Jo-ter and Madeleen Terblance van Cornelia Plaas, Koppies.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.