Tag: Afrikaans

Skryf Safari – Vrydagaand, Bordspeletjie tyd?

Ek sit hier plat op die mat en skryf vanaand. Die plaashuis waarin in ons bly het ‘n kaggel in ons slaapkamer en dis ‘n treffer nou dat die koue ons behoorlik beet het. Terwyl die vuur hier oorkant knetter en sis, dink ek oor bordspeletjies. My gunsteling is Scrabble. Die probleem is, hier is…

‘n Omgewingsvriendelike koffie kafee in Bloemfontein

Ter ere van Wêreldomgewingsdag wil ek graag met julle ietsie deel oor ‘n koffie kafee in Bloemfontein wat regtig hulle deel doen vir die omgewing. Ek voel dat plekke soos die moet gevier word. Die koffie kafee, Coffee Talks Cafe is naby die Botaniese tuine en in Rayton kleinhoewe omgewing, Bloemfontein. Van buite af nooi ‘n…

Skryfsafari – Jou gelukkigste herinneringe as ‘n kind.

Wat is jou gelukkigste herinneringe as ‘n kind. Myne is ongetwyfeld Wildtuin vakansies. Dit is ook waar my liefde vir die natuurlewe, die veld en voëlskyk met rasse skrede gegroei het. Ook waar die droom om eendag in die platteland te woon begin vorm het. Ons wildtuin vakansies, waarna ons maande uitgesien het, was die…

Skryfsafari: Agter die venster

  Sy het die rosies aspris so gepak. So asof dit vir ‘n Instagram foto is. Als moet perfek wees. Asof dit ‘n verskil gaan maak. Hulle gaan tog vandag kom sê wat hul wil. Dit is reeds op die kaarte. Haar hout vensters is effe verweer en die blikbeker het sy uit haar kampkrat…

Wat is ‘n Nul-Vullis Lewe?

Zero-waste, geen vullis, vullis-vry. Vullis pla my nog my hele lewe lank. Ek kan goed onthou hoe ek in die laerskool ‘n “bende” gestig het wat natuurbewaring moes doen. Pouse moes almal vullis optel op die skoolveld. Nodeloos om te sê, dit het nie baie lank gehou nie, want wie wil nou vullis optel as…

Die einde van nog ‘n dag

Die son sak stadig dansend oor die horison soos ‘n rooi bal straaltjies word vasgevang in klein reënbogies onder elke spilpunt Kiewiete pik elke insek wat opspring voor die wiele Skape stap stadig verby in die rigting van hul kraal Ver kan ‘n trekker gesien word soos dit op die grondpad aankruie Beeste loop asof…