Kinderboek: Kalahari Aktiwiteite en Joernaal

Oppad na die Kalahari?

Die Kalahari Aktiwiteite en Joernaal is die perfekte boek vir jou gesinsvakansie in die Kalahari.

Die boek kan gebruik word as ‘n gids om jou meer te leer oor wat en waar die Kalahari is, watter spesies daar voorkom en hoe hulle oorleef. Elke dier, voël en plant spesie wat in die boek aangedui word is individueel geiilustreer deur die talentvolle Ammie Miske. Daar is plek om die spesies af te merk, mooi inkleurprente en baie interessante feiteblaaie oor die mikrohabitatte in die Kalahari.

Soos in die vorige joernale deur Liza en Ammie, is daar ‘n ruim joernaal afdeling om jou vakansie herinneringe op te skryf en vas te vang. Die joernaal afdeling kan gebruik word vir foto’s, ekstra tieklyste, ‘n vakansie dagboek, sketse en nog vele meer.

Dit is ‘n lywige 64 bladsye boek met volkleur illustrasies van meer as 200 spesies van soogdiere, voëls, amfibieë, reptiele, goggas en plante.

Daar is ook ‘n kampskattejag, ‘n spore tieklys en ‘n lys van die tawwe tien diere, tien spesies wat nie maklik in Suid Afrika gesien word nie, maar die Kalahari is ‘n goeie plek om hulle te soek.

Dit is ook beskikbaar in Engels as Kalahari Activities and Journal

Lys van verskaffers:

Waar om te bestel:

Folmer Boekhandel

Graffiti Boeke

Local is Lekker

Amazon internasionaal (nie in Suid Afrika nie): Amazon Internasionaal (Nie in Suid Afrika nie)

Of epos lizambooks@gmail.com

Ander boeke deur Ammie en Liza sluit in Kinderboek: Groter Krugerwildtuin Aktiwiteite en Joernaal en Kinderboek: Pilanesberg Aktiwiteite en Joernaal

‘n Persoonlike nota van my, Liza.

Ek is so dankbaar vir ons Hemelse Vader vir die voorreg en geleentheid om my tyd so kreatief te gebruik.

Die illustrasies en voorblad is gedoen deur die talentvolle Ammie Miske. Ammie het so paar jaar gelede oor my pad gekom en dit was nie toevallig nie. Nie net is sy uiters talentvol nie, dit is ook ‘n vreugde om hierdie projekte saam met haar aan te pak. Elke dier, voël en plant word individueel en dan los sy die lekkerste vir laaste, die voorblad. ‘n Kinderboek sonder prente is nie veel nie, so sonder haar sou hierdie projekte net nie dieselfde gewees het nie. Ek wil ook graag dankie sê vir Monique, wat met soveel sorg en kundigheid die boeke uitlê.

Met hierdie spesifieke uitgawe het ek ook, saam met al my navorsing, baie die raad en opinies gevra van ‘n gids en vriend wat die Kalahari baie goed ken, JP Le Roux.
Ek wil ook graag dankie sê vir Chris Eksteen, wat my teks en die algehele indrukke met ‘n valkoog bekyk en die foute raaksien waar nodig.

Maar uiteindelik, dankie vir jou, wat hierdie lees, die boek koop en dit GENIET in die Kalahari.


One thought on “Kinderboek: Kalahari Aktiwiteite en Joernaal

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.