Kinderboek: Groter Krugerwildtuin Aktiwiteite en Joernaal

Die Groter Kruger Wildtuin Aktiwiteite en Joernaal is die ideale plek om al jou Kruger-herinneringe aan te teken.

Met tieklyste, skattejagte en kleurvolle illustrasies sal die hele gesin die boek geniet.

Die joernaal-afdeling bied genoeg spasie vir vrye en kreatiewe notas van jou wildtuinvakansie-ervarings.

Dit kan gebruik word vir foto’s, ekstra tieklyste, ‘n vakansie dagboek, sketse en nog vele meer. Bewaar jou ervarings en herinneringe in die boek, om vir jare saam met geliefdes te onthou en geniet.

Waar kan jy dit bestel of koop:

Amazon.com

Local is Lekker

Folmer Boekhandel

Graffiti Boeke

Small Mercies

Stofpad

Dit is ook te koop by:

Uitgesoekte Chamberlain Hardeware winkels in Gauteng

Alzu N4 Petroport se Country & Outdoor store

Afrikan Meraki in Hoedspruit

Hlanganani Arts and Crafts, Phalaborwa Hek, Krugerwildtuin

Kroon Boeke in Kroonstad, Vrystaat

Constantia Padstal, Clocolan, Vrystaat

Tabeel Boekwinkel, Stilbaai, Weskaap

As jy graag wil bestel vir jou jouself of ‘n winkel, kontak my by lizambooks@gmail.com

Also available in English as the Greater Kruger National Park Activities and Journal.

Wat kan jy binne die boek verwag:

Meer as 200 spesies ingesluit. Soogdiere, voëls, reptiele, amfibieë, bome en goggas in volkleur geillustreerde tieklyste,

‘n Groter-Krugerwildtuinkaart,

skattejagte,

‘n bord speletjie,

inkleurprente en

‘n 20-bladsy dekoratiewe joernaal afdeling vir kreatiewe gebruik.

Alle teks in die boek is in ‘n spesiale font gedruk wat makliker leesbaar is vir kinders met disleksie

Ter afsluiting net ‘n persoonlike nota oor die boek.

Die boek was oorspronklik beplan saam met my heel eerste boek Ons gaan Krugerwildtuin toe. Ek sou die projek saam met Alex van Houwelingen aanpak, maar Alex is ongelukkig in April 2020 oorlede na ‘n stryd met kanker.

Ek het besluit om voort te gaan met die boek en het in my soeke na ‘n illustreerder Ammie Miske gevind. Ammie Miske was ‘n kunsleerling van Alex op hoërskool en het ook verskeie projekte saam met hom gedoen. Ek vertel graag meer oor Ammie op ‘n toekomstige blogpost.

Ammie is uiters begaafd en passievol oor kuns en na ‘n paar e-pos kommunikasies het ons aan die werk gespring. Die eerste illustrasies wat Ammie gedoen het was die individuele voëlprente vir die tieklyste. Ek was uit my vel oor die illustrasies en vandaar af het die projek vorm aangeneem. Soos wat sy sy illustreer het ‘n paar idees weggeval en ‘n paar idees bygekom met die verloop van tyd.

Die uitleg vir die boek is gedoen deur Alex, se vrou, Ilze van Houwelingen. En op so ‘n manier het ons die boek geskep as ‘n soort nagedagtenis aan die boek wat ons saam sou doen.

Om die boek te skep was meer uitdagend as wat ek my oorspronklik voorgestel het. Ek het lank gedink en navraag gedoen oor die gunsteling, ikoniese en mees algemene spesies wat ek in die boek moes sit. As jy die boek gebruik en dink ek het ‘n belangrike spesie uitgelaat, laat weet my, sommer vir interessantheid. Elkeen van ons het ons gunstelinge en sal daarvan hou om te hoor wat is joune.

En dan is daar natuurlik nog die wetenskaplike name. Ek is nie seker hoeveel keer ‘n hulle nagegaan het nie, maar dit was baie, maar ek dink dit is ‘n goeie toevoeging. Die latynse name is belangrik, want die volksnaam vir ‘n spesie verskil dikwels.

Die boek het ook hope plek vir jou om op jou eie kreatiewe manier jou vakansie vas te vang. Stuur gerus foto’s van wat jou gesin met die joernaal doen na lizambooks@gmail.com

Ek is dankbaar vir Ons Hemelse Vader vir die voorreg om die skepping te bestudeer en die boeke te kan maak.

Liza


One thought on “Kinderboek: Groter Krugerwildtuin Aktiwiteite en Joernaal

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.