Storieboek vir kinders: Ons gaan Krugerwildtuin toe

Die Afrikaanse weergawe van my storieboek is nou beskikbaar!

Verskaffers:

Graffiti Boekwinkel Pretoria en aanlyn

OutdoorPhoto Pretoria en aanlyn

Folmer Boekhandel Pretoria en aanlyn

Wild books aanlyn

Storietyd – Aanlyn

Small Mercies – Aanlyn

Constantia Kersie Padstal Clocolan (Vrystaat)

Amazon.com (Internasionaal)

Alzu Country & Outdoor store (Mpumalanga)

Office National Kokstad (Kwazulu Natal)

Alma Kwekery Boekwinkel, Welkom (Vrystaat)

Bibliophile Bookshop, Clarens (Vrystaat)

Rockfig Lifestyle Centre, PangoPups, Hoedspruit. (Limpopo)

African Meraki, Kamogelo Toerisme Sentrum, Hoedspruit (Limpopo) en Aanlyn

Indien die boek nie by een van die bogenoemde skakels beskikbaar is nie, laat weet my gerus by lizambooks@gmail.com

Ek het so rukkie gelede geskryf oor die Engelse storieboek wat ek gepubliseer het, We are going to Kruger National Park

Ek het ‘n enorme hoeveelheid navrae gekry om die boekie ook in Afrikaans uit te gee. Ek vertel graag so ietsie oor die storie en die hart van hierdie boekie.

Ek is ongelooflik lief vir die natuur en vir die wildtuin, wat jy dalk al sal weet as jy my blog volg. Ek het ook ‘n 2-jarige dogtertjie by wie ek graag dieselfde liefde vir die natuur wil kweek en ook ‘n passie vir die bewaring daarvan.

Ek het oral gesoek vir ‘n kinderstorie boekie wat lyk soos my geliefde Krugerwildtuin. Die tipe boekies het diere ingehad, bome, voertuie en plekke maar nie een van hulle het gelyk soos die wildtuin nie. Nie een van hulle het die klein tradisies en bakens wat ons aan die wildtuin laat dink, vasgevang nie. Ek het besluit om my eie storieboek vir kinders uit te gee, met prentjies wat mens sommer dadelik aan die wildtuin herinner.

Dit is ‘n storie oor ‘n gesin wat wildtuin toe gaan. Dit sluit die pak en die reis na die wildtuin in, want dit is vir baie van ons ‘n groot deel van die opwinding. Die storie sluit ook boodskappe oor natuurbewaring en die ekosisteem in.

Die illustrasies is gedoen deur die bekroonde illustreerder Alex van Houwelingen. Alex, is vroeër die jaar(2020) oorlede na ‘n stryd met kanker.

Die boekie is perfek vir ouderdomme 3-8. Dit is ‘n sagteband prenteboekie en dit verkoop teen *R120 ‘n boekie.

Kyk gerus ook hier, waar ek lekker gekuier het by die Groot Ontbyt, verlede jaar Oktober (2019) om te gesels oor die boekie!

Lees gerus ook hier wat sê Maroela Media. https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/wen-liza-roux-wil-liefde-vir-natuur-by-jong-lesers-kweek/

Vir bestellings of verkope, kontak my by lizambooks@gmail.com

*Prys onderhewig aan verandering

Advertisement

4 thoughts on “Storieboek vir kinders: Ons gaan Krugerwildtuin toe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.