Skryfsafari – Jou gelukkigste herinneringe as ‘n kind.

Wat is jou gelukkigste herinneringe as ‘n kind.

Myne is ongetwyfeld Wildtuin vakansies.

Dit is ook waar my liefde vir die natuurlewe, die veld en voëlskyk met rasse skrede gegroei het. Ook waar die droom om eendag in die platteland te woon begin vorm het.

Ons wildtuin vakansies, waarna ons maande uitgesien het, was die heel beste. Ons het eers lysies gemaak het van alles wat ons moet pak en wil sien.

As jy uiteindelik by die wildtuin se hekke kom oorval daardie geweldige gevoel van vrede en terselftertyd, opgewondenheid jou. Niks kom by reuk van ‘n grasdak ontvangslokaal nie. Jy kry ‘n papiersakkie by die hek om jou vullis in te gooi en dan begin die kompetisie om te kyk wie sien wat eerste. Dan maak ons weer lysies, die keer van als wat ons sien.

By watergate sit almal tjoepstil en fluister oor dit wat ons kan sien. As ons iets sien, baklei almal oor die sitplek venster en die verkyker.

By die kamp gekom, slaan ons tent op, gewoontlik met ‘n effense deurmekaarspul. Niemand kan onthou watter tentpen kom nou weer waar nie, al het ons dit voor die tyd geoefen.

Ons gaan stap, swem, staar deur die draad vir alles wat verby loop en speel krieket in die kamp. Ja, krieket, jammer bure as ons dalk bietjie hard geskree het toe my boetie my uitboul.

Saans braai ons my pa se lekkerste appelkoos sosaties en ons eet dit met blikkieskos en gebottelde slaaie. Dan gaan was ons saam skottelgoed. My sussie is vas oortuig dat die reëls wat deesdae geld, as gevolg van ons daar is. Naamlik: Geen kinders sonder toesig by die skottelgoed was area nie. Maar ons het heerlike pret gehad.

Saans was ons te bang om alleen toilet toe te gaan, my ma moes maar opstaan met al die nagwandelinge. Soms as dit gereën het kon jy die druppels op die tent se dak hoor, steeds los hande een van my gunsteling geluide. Met mooi weer het ons aan die slaap geraak terwyl die hiënas roep en my ma en pa saggies buite die tent gesels.

Vroeg opstaan sal vir altyd ‘n ding bly in die wildtuin asook laat-ontbyte met die reuk van spek in die gasskottel by die piekniek plekke.

As ons verveeld geraak het op die pad, het ons ons eie diere uitgedink om onsself te vermaak. “Kyk julle!! Daar is ‘n olifant… klip.”

Later toe ek begin voëls kyk het, het my boetie voor ons ry almal van die ry-reëls ingelig. “Ons gaan nie stop vir elke voël nie julle! Ons soek luiperde en leeus.” Gelukkig het my pa nog gestop vir elke tweede voël.

Wanneer die huistoe gaan rit aangebreek het was almal se oë op die veld gerig tot ‘n sentimeter voor die huistoegaan-hek. Selfs na ons uitgeboek het, het ons verlangend teruggekyk deur die hek of ons nie dalk vir oulaas nog ‘n leeu sien loop oor die pad nie.

So het vakansies tot ‘n einde gekom, maar die herinneringe bly vir altyd.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die

paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=781922

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Advertisements

  24 comments for “Skryfsafari – Jou gelukkigste herinneringe as ‘n kind.

  1. June 1, 2018 at 2:28 pm

    Familieherinnerinneringe waar daar boeties en sussies was om jou lewe te deel, klink vir my altyd na ‘n wonderlike ervaring. As laatlam, het ek basies soos ‘n enigste kind grootgeword. Mooi geskryf.

  2. June 1, 2018 at 4:26 pm

    Nou praat jy so reg in ń paar van ons se harte in!!!

    Liked by 2 people

    • June 1, 2018 at 5:33 pm

      Wie hou nou nie van die wildtuin nie nê? 😂

      Liked by 1 person

      • Kameel
        June 2, 2018 at 6:45 am

        Ek 😕 Moet my asb nie stenig nie. Was nog nooit in die wildtuin nie…. het geen begeerte om ooit te gaan nie. Die naaste wat ek daaraan gekom het was die Leeupark. Ek kyk perdebytjie se fotos… dis vir my baie mooi, maar geen begeerte om die lewende dier te sien nie. Ooòòoo voor ek vergeet… jou vertelling klink lekker!!!

        Liked by 1 person

      • June 2, 2018 at 7:08 am

        Dis vir my ‘n vreemsoortige gedagte. 🙂 Net so terloops, ‘n leeupark kan net nooit vergelyk met die ware Jakob nie. Maar…. Baie dankie ! 😀

        Liked by 1 person

      • Kameel
        June 2, 2018 at 8:47 am

        Miskien.het ek net te veel dieretuin toe gegaan as kind. Dit was my ouers se gunsteling buiteligse uitstappie. Die dieretuin kom nou eers by my op… dus het ek al die diere lewendig gesien!!!! Nou voel ek beter oor myself 😀😀😀😀 Liewe, ek het tot op ‘n olifant gery!!!

        Liked by 1 person

      • June 2, 2018 at 8:51 am

        Haha. Sien jy nou? Wel almal is verskillend en dis wat die lewe so interessant maak.

        Liked by 1 person

  3. June 1, 2018 at 7:07 pm

    Oe dit is ‘n lekkerte! Ons is hoeka einde van die maand op pad Sanbonani toe in Hazyview en gaan minimum twee maal daai week ingaan. Ons kinders geniet dit nou behoorlik.

    Liked by 1 person

  4. June 2, 2018 at 6:56 am

    Ek kan met jou saamleef met die wildtuinvakansies. Eenmaal per jaar het ons wildtuin toe gegaan. Dis regtig die lekkerste vakansies gewees. Al die diere wat mens kon sien engelys het het dit die moete werd gemaak. Baie lekker geskryf.

    Liked by 1 person

  5. Annemieke
    June 3, 2018 at 12:42 pm

    Verlang ek nou ook kliphard na die wildtuin!

    Liked by 1 person

    • June 3, 2018 at 1:25 pm

      Dankie vir jou comment! Kom ons gaan wildtuin toe.
      😘😘

      Like

  6. June 5, 2018 at 8:00 pm

    Liza M Roux met die lees van hierdie (die eerste keer dat ek jou woorde onder oë neem); korreksie dit is seker nie jou woorde nie. Jou plasing van woorde, tesame met die nie-steurende (wou eers gese het keurige maar dan begin dit te veel na Mills en Boon klink), waar was ek: nie-steurende groen aanslag van jou blog, het ek besluit hiervan hou ek. Dit is nou totdat ek herhaaldelik dinge humoristies gevind het, spyt geword dat ek nooit ‘n kinderjare wildtuin vakansie beleef het nie en vir ‘n feit weet ek sal nie so ‘n besonderse kinderjare herinnering kan na-skryf nie. Die groen aanslag het vir my ‘n effense monsteragtige, jaloerse skynsell begin kry!! Nogtans hou van jou geliefkoosde en ge-appelkoosde sosaties en hoop ons sal jou weer hier sien.

    M.A.W.

    Bostaande is dus ‘n omslagtige beskrywing wat probeer së dat ek hierdie regtig baie geniet het.
    Abrie J Joubert

    naskrif net in geval jy my nie ken (dom opmerking – sit) ek is nie jaloers nie

    Liked by 1 person

    • June 5, 2018 at 9:34 pm

      Wow! So baie dankie vir die mooi woorde!

      Like

  7. June 7, 2018 at 10:44 pm

    O daardue heerlike wildtuindae! Ons is ook byna elke winter wildtuin toe

    Liked by 1 person

    • June 8, 2018 at 4:09 am

      So lekker. Wen die see nou?

      Liked by 1 person

      • June 8, 2018 at 4:45 am

        Wel, ons is nou hier by die see en die wildtuin is baie baie ver. Maar ons het ons kinders 3x wildtuin toe geneem. Ook met tente. Hulle het dit so geniet dat my dogter en haar msn selfs op honeymoon n paar dae daar was.

        Liked by 1 person

      • June 8, 2018 at 5:02 am

        Dit is baie ver. Wildtuin honeymoon klink heerlik.

        Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: