Country People: Ontmoet Dominique Nel van die plaas Roomes, Luido, Mosambiek

This is the story of Domique and Rickus Nel who are running a Bonsmara cattle farm in the Govuro district just south of the Save river. You can follow their story or get into contact with them on their Facebook page: Roomes Mozambique Limitada

Dominique Nel het ‘n Bsc Agric veekunde graad wat sy aan die universiteit van Pretoria verwerf het. Sy en haar man Rickus woon in die Govuro provinsie in Mosambiek net suid van die Save rivier.

Sy sê: Ek kry nogal baie die vraag oor my werkstitel, dit is vir my die moeilikste om te beantwoord aangesien ek self nie altyd seker is nie! Ek dink boer/bestuurder is die mees omvattend antwoord. Omdat ons so geïsoleer bly moet jy regtig instaat wees om alles te kan doen, van trekker ry, ransoene formuleer tot rooiwater uitbrake stop as dit begin.

Vertel ons bietjie oor jouself, jou lewensverhaal, hoe het jul in Luido, Mosambiek opgeëindig?
Ek is baie groot diere liefhebber, maar nie jou tipiese honde en katte mens nie, my groot passie in die lewe is beeste! Ek het begin in die kraal werk op 12 jarige ouderdom saam met Dr Richard (wie ek tot vandag toe as een van my groot rolmodelle ag). Ek het toe begin droom om ‘n veearts te word. Ek het ongelukkig nie keuring gekry nie, wat eintlik beter uitgewerk het omdat ek meer geniet wat ek nou doen. Ek is nie uit SA uit oor enige rede behalwe die groot geleentheid wat ek gesien het die eerste keer toe ek saam my ouers die kremetart bome op die strand gaan kyk het nie! Tot my verbasing was daar meer aan Mosambiek as coconut bome en ‘n see! Die weiding is eenvoudig net amazing! My ouers het die plaas gekoop in 2010 en ontwikkeling begin. Ek en Rickus het elke vakansie op varsity opgekom en kom werk! Gelukkig het hy ook lief geraak vir die land en sy mense en in 2016 het ons die groot trek aangepak.

Wat is jou gunsteling gedeelte daarvan om hier te werk en te bly?

Dis vir my maklik, ek is mal oor die mosambiekse plaaslike mense en hulle sieninge oor die lewe! Die mense saam wie ek elke dag werk is my familie! Ons werk saam, sukkel saam, huil saam maar lag elke dag saam, al verstaan ons mekaar nie altyd nie!!

Hoe lyk jou tipiese dag?
Haha, my tipiese dag beplan ek die aand voor die tyd! Ek dink in SA bly het my baie bederf met die stiptelikheid en organisasie! Die tipiese dag hier loop min of meer so: In die oggende soek die wagters die beeste terwyl jy ry om brandstof te koop of drade te kyk of saam met die gemeenskap/regering of wie ookal te vergader. In die middae werk jy maar in die krale baie intensief met die beeste! Maar dit is ideaal en baie skaars! Die naaste vulstasie is 60km weg op n pad vol slaggate. Ons bly 2 ure weg vanaf Nova Mambone waar al ons vergaderings gebeur en dit vat ongeveer 2 ure net om om die plaas te ry om na die drade te kyk! Ons werksdae word ook lekker deurmekaar gegooi deur twee olifante! Ons is tans besig met herstel van 4 van ons kampe maar hulle is elke aand maar weer terug, hulle breek die drade en krale so my man is altyd besig… Ons dink baie aan planne om ons te help maar niks werk nie. Maar om die olifante te skiet is nie vir ons n opsie nie, hulle woon al jare in die bos hulle was eerste hier so ons werk maar om hulle!


Enige oulike stories om te deel? Die olifante was weer by ons op ‘n donderdagaand, die beeste het natuurlik gebruik gemaak van die geleentheid en buite begin wei. Ons het almal terug gejaag en al die getalle het geklop maar ons het bly spore in die pad kry van sowat 5 beeste. Ek en Rickus was maar deurmekaar, dalk is hulle van n ander kamp af of iets. Ons het na ete besluit ons en al die wagters gaan hierdie beeste se spore vat en hulle soek. Ons het opgedeel in groepe ek en Rickus het saam met Fransisco geloop, dit was so mooi die panne en kremetart bome waar mense heuning gaan haal en dan die grootste zebrahout bome! Teen laatmiddag het ek en Rickus, Fransisco verloor! Ons het nie een opgelet hoe ons gestap het nie en ons was verdwaal! Ons het nie n GPS of n selfoon gehad nie net ons twee iewers in die bos en op daai stadium was hier nog n rondloper leeu ook! Gelukkig het Samuel ons agtervolg en toe ons begin paniekerig raak, het hy gelag en ons terug gelei na die bakkie toe! Dit was nie vir my op daai stadium snaaks nie! Ons het toe die Saterdag weer verby die kamp gery om te kyk of ons die beeste sien, ons het hulle gekry maar dit was buffels!

Ter afsluiting: Ons het baie luukshede opgegee om hier te kom bly, baie vriende verloor en baie spesiale oomblikke gemis maar ons is gelukkig! Ons het vriende wat sout van die aarde mense is, mense wat jou opbou en lei! En ons het werkers wie ons respekteer en lekker meer werk, ons is deel van die Luido gemeenskap! Ek persoonlik voel as jou hart jou roep vir die meer challenging dele van Afrika, gryp dit aan! Nie elke dag is maklik nie en mens huil so af en toe maar dit is die moeite werd!

Jy kan Dominique en Rickus se doen en late volg op die Facebook blad: Roomes Mozambique Limitada

Advertisement

4 thoughts on “Country People: Ontmoet Dominique Nel van die plaas Roomes, Luido, Mosambiek

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.