Storieboek vir kinders: Ons gaan Krugerwildtuin toe

‘n Afrikaanse storie vir kinders oor ‘n gesin se vakansie in die geliefde Kruger Nasionale Park.

Verskaffers:

Graffiti Boekwinkel Pretoria en aanlyn

Local is Lekker aanlyn winkel.

OutdoorPhoto Pretoria en aanlyn

Folmer Boekhandel Pretoria en aanlyn

Uitgesoekte Chamberlain hardeware winkels in Gauteng

Exclusive Books in I’Langa Winkelsentrum, Nelspruit

Small Mercies – Aanlyn

Constantia Kersie Padstal Clocolan (Vrystaat)

Amazon.com (Internasionaal)

Alzu Country & Outdoor store (Mpumalanga)

Office National Kokstad (Kwazulu Natal)

Alma Kwekery Boekwinkel, Welkom (Vrystaat)

Bibliophile Bookshop, Clarens (Vrystaat)

African Meraki, Kamogelo Toerisme Sentrum, Hoedspruit (Limpopo) en Aanlyn

Indien die boek nie by een van die bogenoemde skakels beskikbaar is nie, laat weet my gerus by lizambooks@gmail.com

Ek het so rukkie gelede geskryf oor die Engelse storieboek wat ek gepubliseer het, We are going to Kruger National Park

Ek het ‘n enorme hoeveelheid navrae gekry om die boekie ook in Afrikaans uit te gee. Ek vertel graag so ietsie oor die storie en die hart van hierdie boekie.

Ek is ongelooflik lief vir die natuur en vir die wildtuin, wat jy dalk al sal weet as jy my blog volg. Ek het ook ‘n 2-jarige dogtertjie by wie ek graag dieselfde liefde vir die natuur wil kweek en ook ‘n passie vir die bewaring daarvan.

Ek het oral gesoek vir ‘n kinderstorie boekie wat lyk soos my geliefde Krugerwildtuin. Die tipe boekies het diere ingehad, bome, voertuie en plekke maar nie een van hulle het gelyk soos die wildtuin nie. Nie een van hulle het die klein tradisies en bakens wat ons aan die wildtuin laat dink, vasgevang nie. Ek het besluit om my eie storieboek vir kinders uit te gee, met illustrasies wat mens sommer dadelik aan die wildtuin herinner.

Dit is ‘n storie oor ‘n gesin wat wildtuin toe gaan. Dit sluit die pak en die reis na die wildtuin in, want dit is vir baie van ons ‘n groot deel van die opwinding. Dit sluit die reis in, kyk of jy die petrolstasie toneel in die storie kan herken? Gesels met jou kinders oor die gesin se reis en vergelyk dit met jul gesin. Die storie sluit ook boodskappe oor natuurbewaring en die ekosisteem in. Die storie kan gebruik word as ‘n lewendige storieboek en wegspringplek om meer te leer oor ons land se gunsteling Nasionale Park, die Kruger Nasionale Park.

Die illustrasies is gedoen deur die bekroonde illustreerder Alex van Houwelingen. Alex, is vroeër die jaar(2020) oorlede na ‘n stryd met kanker.

Die boekie is perfek vir ouderdomme 3-8. (Maar word waardeer deur die hele gesin.) Dit is ‘n sagteband prenteboekie en dit verkoop teen *R120 ‘n boekie.

Kyk gerus ook hier, waar ek lekker gekuier het by die Groot Ontbyt, verlede jaar Oktober (2019) om te gesels oor die boekie!

Lees gerus ook hier wat sê Maroela Media. https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/wen-liza-roux-wil-liefde-vir-natuur-by-jong-lesers-kweek/

Vir bestellings of verkope, kontak my by lizambooks@gmail.com

*Prys onderhewig aan verandering


5 thoughts on “Storieboek vir kinders: Ons gaan Krugerwildtuin toe

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.