Die einde van nog ‘n dag

IMG_20170502_172210_824Die son sak stadig dansend oor die horison soos ‘n rooi bal

straaltjies word vasgevang in klein reënbogies onder elke spilpunt

Kiewiete pik elke insek wat opspring voor die wiele

Skape stap stadig verby in die rigting van hul kraal

Ver kan ‘n trekker gesien word soos dit op die grondpad aankruie

Beeste loop asof geroep na die naaste windpomp en water drup in die stof…

Dis die einde van nog ‘n dag iewers op ‘n plaas in Afrika


One thought on “Die einde van nog ‘n dag

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.