Die son sak stadig dansend oor die horison soos ‘n rooi bal
straaltjies word vasgevang in klein reënbogies onder elke spilpunt
Kiewiete pik elke insek wat opspring voor die wiele
Skape stap stadig verby in die rigting van hul kraal
Ver kan ‘n trekker gesien word soos dit op die grondpad aankruie
Beeste loop asof geroep na die naaste windpomp en water drup in die stof…
Dis die einde van nog ‘n dag iewers op ‘n plaas in Afrika
One thought on “Die einde van nog ‘n dag”